Die beroemde boom in Soshanguve blok F-Oos is weer in die nuus.
Hierdie keer was dit ‘n man wat na bewering kontant by sy ouma gesteel het. Die gemeenskap het hom baie vinnig uitgesorteer en na ‘n goeie loesing aan die boom vasgebind. Die verdagte het belowe hy sal nooit weer steel nie.
Die boom het ‘n simbool van gemeenskapsoptrede teen misdaad geword toe ‘n vermeende kabeldief verlede maand deur die gemeenskap betrap en aan die boom vasgebind is.
Die verdagte het glo onwettige elektriese verbindings vir inwoners gedoen wat nie elektrisiteit wil betaal nie. Inwoners het die verdagte aan ‘n boom vasgebind en later aan die polisie oorhandig.