Henry “Enrique” Tarrio, die leier van die verregse Amerikaanse groep ‘The Proud Boys’, is Maandag tot 155 dae tronkstraf gevonnis vir die verbranding van ’n vaandel van Black Lives Matter wat uit ’n historiese swart kerk geneem is. Hy het ook ammunisie na Washington DC gebring.
Tarrio het verlede maand skuldig gepleit op die aanklagte. Regter Harold Cushenberry het Tarrio beveel om sy vonnis op 6 September te begin en boetes van altesaam honderde dollars te betaal vir die vernietiging van die eiendom van Asbury United Methodist Church en die besit van die ammunisie.
Tarrio het in die hof en het om verskoning gevra vir sy optrede en gesê dat hy ‘n baie, baie groot fout gemaak het. “Wat ek gedoen het, was verkeerd”, het hy gesê, en wat reg was, “was om in hierdie saak skuldig te pleit”.
Lucas Dansie, Tarrio se prokureur, noem hom “ ‘n man met ‘n morele karakter wat die wette respekteer” en sê Tarrio “is baie jammer vir wat hy gedoen het. Hy het ‘n swak besluit geneem en het nie duidelik gedink nie.”
Cushenberry was nie oortuig nie en het gesê dat Tarrio duidelik, opsetlik en trots “die grens oorgesteek het” in “gevaarlike gedrag”.
Cushenberry het gesê dat Tarrio blykbaar nie omgee vir die gevolge van sy optrede of vir wie dit moontlik skade berokken het nie. “Hy gee om vir homself en selfbevordering, nie die wette van die District of Columbia of die wette van iemand anders nie,” het hy gesê.