‘n Man van Khayelitsha is op soek na sy gidshond wat Saterdag vermis geraak het en ‘n beloning van R1000 is aangebied vir die terugkeer van die hond.
Charles Dyasi, wat gesiggestremd is, het Billy, ‘n swart Labrador, verloor nadat hy sy huis in Ilitha Park, Kaapstad, verlaat het. Hy het dringend sy metgesel nodig wat noodsaaklik geword het vir sy voortbestaan.
As iemand vir Billy gesien het, kontak Cheryl by 084 808 8812 of die Gidshondvereniging by 021 674 7395.