Skip to main content

Skade en herstelwerk as gevolg van onwettige verbindings het Eskom in die 2019/2020 boekjaar R71 miljoen gekos. Daar word verwag dat die nuwe boekjaar se resultate veel hoër kan wees.

Die kragvoorsiener het gesê skade en herstelwerk is die skuld vir die ontwrigting van die elektrisiteitstoevoer in die provinsies. Hulle het gewaarsku dat oortreders aangekla sal word van diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, en as hulle skuldig bevind word, ‘n groot boete of gevangenisstraf opgelê kan word.

‘n Ander probleem duik gereeld op wanneer krag gesteel word.

Inwoners in Pietermaritzburg doen elektriese skokke op wanneer hulle aan metaal of selfs lopende water in hul huise raak weens onwettige verbindings in die Copesville gebied.

Die gemeenskapsaktivis en senior brandweerman, Zaheer Kahnn, het gesê sy vrou het onlangs ‘n elektriese skok opgedoen terwyl sy gestort het.

Hy het bygevoeg dat inwoners op Carnelian Drive dikwels ‘n elektriese skok ervaar as hulle krane of metale in hul huise raak.

Eskom veg ‘n verlore stryd in dié gevaarlike ‘stokperdjie’ van township inwoners want meeste mense wat die onwettige verbindings doen is nie gekwalifiseer daarvoor nie.

 

Leave a Reply