Skip to main content

Die direkteur van openbare vervolging in Gauteng het besluit om die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, strafregtelik te vervolg weens meineed.

Die aanklagte hou verband met haar getuienis tydens ‘n ondersoek wat die konstitusionele hof ingestel het oor haar rol in die krisis in sosiale toelaes in 2017.

Luidens ‘n verklaring is ‘n dagvaarding vir Dlamini uitgereik om op 21 September in die Johannesburgse streekhof te verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!