Skip to main content

Chris Hipkins, Nieu-Seeland se minister van gesondheid, het Sondag tydens ‘n mediakonferensie ‘n glipsie begaan wat die eilandlandjie se inwoners laat kraai het van plesier.

Hy het die land op datum gebring met die nuutste statistiek rondom Coronavirusgevalle, toe spoor hy Nieu-Seelanders aan om sosiaal afstand te handhaaf as hulle buite toe gaan om ‘hul bene te sprei’.

Toe Hipkins later agterkom van sy glips, het hy gesê dat hy ‘sy bene sou rek’ en erken dat die media pret met hom gaan hê. Die glipsie was nie verlore vir Nieu–Seelanders nie. Hulle het die hutsmerk #spreadyourlegs omhels en ‘n beroep op medeburgers gedoen het om ‘jou bene te sprei en lewens te red’.

‘n Ander Twitter-gebruiker noem die reaksie ‘presies die komiese verligting wat Aotearoa vandag nodig gehad het’.

Leave a Reply