Die 53-jarige Babita Deokaran, wat as senior finansiële amptenaar vir die Departement van Gesondheid gewerk het, is gister doodgeskiet kort nadat sy haar kind by die skool afgelaai het.
“Terwyl sy die hek by haar kompleks oopgemaak het, het ‘n wit BMW langs haar stilgehou en ‘n insittende het haar verskeie kere in haar bolyf geskiet,” het kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, gesê.
Makhubele het gesê dit blyk dat “iemand gewag het om haar te vermoor”, maar die motief vir die skietery word ondersoek.