Skip to main content

Die boomhuis met 65 vloere deur Andy Griffiths en Terry Denton

Vertaal deur Kobus Geldenhuys

Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ’n verstommende 65 vloere, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diertjies kan mooimaak! Die opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ’n kamer vol ontploffende oogballe, ’n suigstokkiewinkel, ’n dryfsandput, ’n mierplaas, en ’n kamer waar dit altyd jou verjaardag is (al is dit nie), ’n tydmasjien … en Boom-TV: ’n 24-uur nuussentrum wat jou op hoogte hou van al die boomhuisnuus, ander nuus en skinderstories!

Ons vriende is in groot moeilikheid, want Inspekteur Borrelplastiek kom onverwags ’n besoek aflê om inspeksie te doen. En natuurlik het Andy en Terry hulle nie veel gestuur aan bouregulasies en permitte nie!

Andy Griffiths is een van Australië se mees bekende kinderboekouteurs. Saam met sy vriend die illustreerder, Terry Denton het hulle talle suksesvolle reekse geskryf. Die veelbekroonde Boomhuis-reeks is al in meer as dertig lande gepubliseer. Andy se boeke het die New York Times beste verkoperslys gehaal. Die boomhuis boeke het al talle kinderboekpryse gewen, onder andere die KOALA-prys en die Australiese Boek-Industrieprys vir Jong Lesers.

Leave a Reply