Game-winkels wen hierdie week Die Waarheid se ongesogte deurskynende trofeë.
Suid-Afrikaners wat ten minste gedeeltelik teen Covid-19 ingeënt is, betaal een keer per week 10% minder as almal in Game-winkels, het die ketting Vrydag aangekondig.
“Vax Appreciation Wednesday” begin op 18 Augustus en duur tot 15 September. Op dié vyf Woensdae kan almal wat ‘n entstofkaart en ID by ‘n betaalpunt produseer, die afslag eis.
Dit is ‘om dankie te sê vir die rol wat hulle speel om ons winkels en Mzansi veilig te hou’, het Katherine Madley, bemarkingsvoorsitter van Game, in ‘n verklaring gesê.
Die Waarheid is egter van mening dat die vaksinedebat ‘n definitiewe politieke kleur begin kry het, en politiek is nie die speelplek van kleinhandelaars nie. Dit maak nie saak wat mens se standpunt oor die vaksine is nie – hierdie is eenvoudig nie die plek vir ‘n kettingwinkel soos Game om kant te kies nie.
Wat is volgende? Winkels wat weier om “die smerige ongevaksineerde massa” te bedien? Winkels wat net spesiale aanbiedinge aan mense van bepaalde seksuele voorkeure of sekere rasse bied?
Hierdie is ‘n glibberige onderwerp en een wat hom hopeloos te ver oop laat vir misbruik – as hierdie nie reeds misbruik van die eerste water is nie.