Die premier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het ‘n landswye inperking aangekondig nadat die land een geval van koronavirusbesmetting bevestig het.
Die is die eerste plaaslike oordrag van Covid-19 in die gemeenskap sedert Februarie.
‘n On-ingeëntde 58-jarige man in die land se grootste stad Auckland het positief getoets vir die virus. Die man het na ander dele van die land gereis, het Ashley Bloomfield, direkteur-generaal van gesondheid, Dinsdag gesê.
Nieu-Seeland sal die volgende drie dae onder die strengste vlak van inperking wees, vanaf 23:59 Dinsdag, plaaslike tyd, het Ardern gesê.
Onder vlak vier-inperking moet almal tuis bly en besighede gesluit word behalwe vir noodsaaklike dienste soos supermarkte en apteke. Nieu-Seeland was ‘n jaar gelede laas onder ‘n ernstigste inperking, het Ardern gesê.
Auckland sal waarskynlik ‘n week lank onder ‘n vlak vier-inperking wees.