CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) is ‘n organisasie sonder winsbejag wat bestaan uit omgee, toegewyde en passievolle mense wat omsien na die welstand van kinders en tieners wat gediagnoseer is met kanker of lewensbedreigende bloedversteurings en hul gesinne.
CHOC is daarop gemik om lewens te red deur vroeë opsporing en om die reis van diegene wat deur kinderkanker geraak word, minder angstig te maak deur die uitgebreide ondersteuningsprogramme wat hul aanbied.
CHOC het ‘n nasionale kantoor in Johannesburg en ses streekkantore wat dienste en ondersteuning bied aan die nege provinsies van Suid -Afrika.
Hulle bied:
Professionele emosionele ondersteuning
Verblyf naby behandelingsentrums
Vervoer na en van behandelingsentrums
Ondersteuningsgroepe (insluitend ondersteunende ouergroepe)
CHOC interaktiewe leerprogram en ander aktiwiteite wat deur vrywilligers aangebied word
Voedingsondersteuning
Om hierdie vlak van ondersteuning en sorg te kan bied, word alles moontlik gemaak deur korporatiewe borgskap, asook donasies van groepe en individue wat ‘n verskil wil maak in die lewens van kinders met kanker.
Besoek hul webwerf om ‘n skenking en ‘n verskil te maak. choc.org.za