Skip to main content

Wimpy gee ook nou ‘n gratis koppie koffie weg vir dié wat met ‘n inentingskaart bewys kan lewer dat hulle binne die afgelope 48 uur ingeënt was teen Covid-19. Let wel: die aanbod geld slegs vir ‘n koppie filterkoffie, niks anders nie, en is slegs een maal geldig.

Volgens Wimpy ‘moedig hy altyd sy kliënte aan om die regte ding te doen’, en hierdie keer ‘hoop hy om entoesiasme te skep om die virus te bekamp’.

Die alomteenwoordige kitskosketting het die aanbod die naweek bekendgestel onder die byskrif “sê JAAAAA vir die toekoms” op sy meer as 450 plekke.

‘Ons respekteer dat almal die reg en vryheid het om te besluit of hulle ingeënt wil word, maar ons beloon diegene wat standpunt inneem in die stryd teen die Covid-19-pandemie,’ sê Jacques Cronje, bemarkingshoof van die onderneming.

So terloops, Wimpy, die Amerikaners bied gratis bier, donuts, worsbroodjies en kaaskoek aan van groot name soos Budweiser en Krispy Kreme, en hul state bied loterye aan met gróót kontantpryse. In die Verenigde Koninkryk sal aanbiedings binnekort gratis aflewering van kos en Uber-ritte insluit, terwyl die regering aan gratis pizza- en bioskoopprogramme werk om jongmense aan te moedig om die koronavirus-inenting te kry. Julle is dus nie alleen in jul ‘omkoop’-veldtog nie.

Die Waarheid se mening is egter dat koffie wat R19-90 kos, hopeloos te min gaan wees om die vaksine-huiweriges onder ons lesers aan te moedig om ‘n klomp ‘proef-vloeistof’ in hulle lywe te laat nesmaak. Maar soos met Game se aanbod van 10% afslag op Woensdae vir mense met die inenting, dink ons ons lesers moet kennis dra van hierdie aanbieding om voortaan ingeligte besluite te neem as hulle wonder waar hulle ‘n paar burgers gaan nuttig.

Leave a Reply

error: Content is protected !!