Skip to main content

Twee voorvalle van gewapende roof is in die vroeë oggendure by vulstasies in die Modimolle-omgewing aangemeld.

Die eerste voorval het by Total Modimolle in Thabo Mbekistraat plaasgevind toe twee gewapende mans omstreeks 03:40 by die 24-uur-winkel ingestap het.

Volgens AO James Findlay, polisiewoordvoerder in Modimolle, is die twee werkers wat aan diens was beveel om op die vloer te lê.

Een werker is van sy selfoon en beursie met meer as R500 kontant in beroof. Die verdagtes het daarna glo die kasregister se geldlaai gevat en op vlug geslaan.

Kort daarna het die selfde twee mans ook by die Caltex-vulstasie in Nelson Mandelastraat met dieselfde modus operandi toegeslaan.

Kringtelevisiekameras het gewys hoe die mans in ’n silwerkleurige Volkwagen Polo wegjaag.

In albei voorvalle is geen skote afgevuur en niemand beseer nie.

Leave a Reply