Die saak teen die woordvoerder van die MK Veterans Association (MKMVA), Carl Niehaus, is Woensdag in die landdroshof in Estcourt uitgestel.
Niehaus, wat ‘n belangrike ondersteuners is van voormalige president van Jacob Zuma, staan tereg op aanklagte van oortreding van Covid-19-regulasies.
‘Covid-19-beperkings word gebruik om politieke gevegte te voer,” sê Niehaus nadat hy in die hof verskyn het.
Volgens die polisie het Niehaus die regulasies oortree deur ‘n groep Zuma-ondersteuners buite die Estcourt-korrektiewe dienste-sentrum toe te spreek kort ná die inhegtenisneming van die voormalige president in Julie.