Tydens ‘n besoek Disdag aan die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp het die departement van water en sanitasie (DWS) ‘n oorsig gegee van die watersituasie in die provinsie en ingrypings uitgewys wat volhoubare watervoorsiening sal verseker, berig Cape Times.
‘n Onlangse provinsiale hidrologiese verslag toon dat die toestande van damme in die Wes-Kaap verbeter het weens swaar reën. Die Gouritzrivieropvanggebied aan die oostekant van die provinsie, wat groot dele van die Karoo insluit, het die afgelope paar jaar egter droë somerreënseisoene beleef.
Die provinsiale waarnemende departementshoof van die DWS, Boniswa Hene, het gesê dat daar die afgelope vyf jaar ‘n lang en laer as normale reënval in die opvangsisteem van die Gouritzrivier was, wat in sommige gebiede in hierdie streek onder spanning gebring het.
‘Ons grootste dam, die Theewaterskloof-dam, is tans 101,8% vol, ‘n merkwaardige verbetering in vergelyking met vorige jare. In 2018 was die dam se situasie neerdrukkend en ons het nie geweet wat om te doen nie. Hoewel die departement tevrede is met hoe die opgaardamme vul, bly die stroomgebied van die Gouritz-rivier kommerwekkend. Veral die klein Karoo verkeer in ‘n haglike watersituasie met ‘n potensieël verwoestende impak op die landbou-ekonomie van die streek,” het Hene gesê.
Sy het gesê die departement het gesamentlik kort-, medium- en langtermynmaatreëls ingestel om die moontlike negatiewe gevolge van hierdie beperkte grootmaat watervoorsiening in die provinsie te verminder.
“Die maatreëls sluit in die diversifisering van ons watermengsel met onder meer die benutting van grondwater, die oes van reënwater, hergebruik van terugvloei en ontsoutingspakketaanlegte, die vermindering van bedryfsrisiko’s deur behoorlike infrastruktuurbediening en instandhouding met gepaardgaande vaardigheidsontwikkeling, die implementering van waterbesparings- en vraagbestuursprogramme saam met plaaslike regering en die opgradering van infrastruktuur via die departement se waterverwante toelaes aan die plaaslike regering,” het sy gesê.
Aan die Weskus van die provinsie is ‘n gesonde vooruitsig duidelik, aangesien die Olifants-/Doorn-rivier die afgelope paar weke tot meer as 90 persent gestyg het, het Hene gesê.