Skip to main content

Afrika het die hoogste tienerswangerskapskoers ter wêreld. Agtien Afrikalande verskyn op die Verenigde Nasies se lys van 20 lande met die hoogste tienerswangerskapsyfers.

Hospitale in Gauteng moes meisies so jonk as 10 jaar help om babas te baar.

Tussen April 2020 en Maart vanjaar het die provinsie 23 226 tienerswangerskappe aangeteken.

Refiloe Nt’sekhe, skadu-LUR van die DA Gauteng, het gesê volgens die inligting wat deur die departement van gesondheid bekend gemaak is, het 2 976 meisies gekies om hul swangerskap te beëindig, 934 babas is gebore vir meisies tussen 10 en 14 jaar oud en 19 316 babas is gebore vir meisies tussen 15 en 19 jaar oud.

“Dit dui op ‘n groot behoefte aan die onderwys-, sosiale ontwikkeling- en gesondheidsdepartemente om hul tienerswangerskap- en seksopvoedingsveldtogte te versterk,” het sy gesê.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het gesê hy is bekommerd oor die getalle en het met ander departemente gesels om maniere te vind om die probleem op te los.

Die ministerie van onderwys in Suid-Afrika oorweeg nou beleid om langtermyn-voorbehoeding aan skoolgaande tieners bekend te stel.

Leave a Reply