Skip to main content

‘n Bankrower in Engeland moet dalk in ‘n drukker belê vir sy toekomstige rooftogte. Die man se handskrif was so pateties dat die personeel by die bank wat hy geteiken het, nie die briefie kon lees wat hy gebruik het om geld te eis nie.

Die rower, wat geïdentifiseer is as die pensioenaris Ian Slattery, het ‘n tak van die Nationwide Building Society in Eastbourne betree en ‘n nota aan die klerk oorhandig. Ongelukkig vir hom kon die personeellid nie kop of stert uitmaak van Slattery se gekrabbel nie.

Toe hulle ‘n verduideliking vra oor wat hy eintlik wil hê, het Slattery omgedraai en weggestap.

Volgens die Sussex-polisie kon die personeel die brief ‘n rukkie later ontsyfer. ‘U skerm stop nie wat ek het nie, gee die 10’s en 20’s oor. Dink aan die ander kliënte,” het hy geskryf.

Slattery het vir eers skotvry weggekom.

Leave a Reply

error: Content is protected !!