Skip to main content

Daar is geen skoolvakansies vir die derde kwartaal nie. Dit is om die leertyd wat dié jaar weens die Covid-19-pandemie verlore gegaan het, in te haal, sê die onderwysersvakbond, Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU).

Die vakbond het gesê dit was een van die vakbonde wat genooi is na ‘n vergadering met verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys (DBO).

“Dit is verneem dat die DBO van voornemens is om die skoolvakansie in Oktober te kanselleer om te vergoed vir die vyf skooldae wat verlore gegaan het as gevolg van die vroeëre sluiting vir die wintervakansie,” het SAOU gesê.

Die vakbond het gesê die DBO erken dat die komitee van ministers van onderwys besluit het dat die vyf dae van 4 tot 8 Oktober 2021 gebruik moet word om vir die verlore skooltyd te vergoed.

Daar is ook besluit dat die derde en vierde kwartaal geskei sal word deur die Erfenisdag-langnaweek wat sal duur van 23-26 September. Kinders sal op Maandag 27 September weer terugkeer skool toe.

Die SAOU het gesê vakbonde is gekant teen hierdie besluit. Die vakbonde het aangevoer dat die sluiting van die skool vroeg in die winter daarop gemik was om infeksies te beperk en die effek van die derde golf te beperk.

‘Die absolute aandrang op die normale 200 skooldae per jaar, ondanks die feit dat die wêreld ‘n buitengewone tydperk beleef as gevolg van die Covid-pandemie, maak geen sin nie. Opvoeders is uiters ywerig en doen hul uiterste bes om te verseker dat die verkortte kurrikulum gedek word,” het SAOU gesê.

SAOU het ook gesê dat die vakbonde in plaas daarvan voorgestel het dat die DBO moet toelaat dat die vakansie soos beplan plaasvind en dat die laaste twee weke van die vierde kwartaal eerder as klastyd gebruik word. Die vakbond het gesê dat punte normaalweg einde November by die distrikskantoor ingedien word, wat die laaste twee weke van skoolgaan in elk geval gewoonlik dormant maak.

Die vakbonde het gesê dat die DBE se beginsel van ‘one-size fits all’ nie werk nie en dat leerders ‘n beperkte aandagspan het.

‘Baie opvoeders en ouers het reeds finansiële uitgawes vir die Oktober-vakansie aangegaan. Wie sal hulle vergoed? Daar is ook verneem dat die SBL-organisasies nie die voorgestelde kansellasie van die vakansie ondersteun nie,” het die vakbond gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!