Skip to main content

Met ‘n prys van $2,4 miljoen (ongeveer R33,100,632), is die Kroaties-vervaardigde Rimac Nevera-supermotor gewapen met ‘n 6 960-sel, 120kWh litium-nikkel-mangaan-kobaltoksiedbattery wat vier (een op elke wiel) vloeistofgekoelde permanente magneet-gesinchroniseerde elektriese motors aandryf. Saam lewer hulle 1 427 kW en ‘n wringkrag van 2 360 Nm.

Hierdie benydenswaardige syfers het gesorg dat die bestuurder van DragTimes, Brooks Weiselblat, onlangs ‘n nie-amptelike rekord oor ‘n kwartmyl op Famoso Raceway in Kalifornië kon opgestel.

In goeie toestande, op standaard Michelin Pilot Sport 4S-bande, het Weiselblat die kwartmyl bereik in 8.582 sekondes met ‘n uitgangspoed van 269.58 km/h. Dit is effens vinniger as die Nevera se vorige rekord van 8,62 sekondes, wat vroeër vanjaar op ‘n Kroatiese aanloopbaan opgestel is. Alhoewel daarop gewys moet word dat laasgenoemde, anders as die doelgemaakte Famoso Raceway, nie ‘n voorbereide oppervlak gehad het nie – iets wat versnelling bevorder.

“Dit was ons eerste toets op ‘n VHT (vasgeplakte) oppervlak, so ons het nie geweet wat om te verwag nie,” sê Miroslav Zrnčević, toets- en ontwikkelingsbestuurder van Rimac.

“Eers was ons tyd slegter as wat verwag is vir die ¼ myl tye (8,7 en 8,8 sekondes) as op ‘n normale, nie-voorbereide oppervlak in Europa. Die baan temperatuur was 65°C en ons moes ‘n paar aanpassings doen. Ons trekkragbeheer leer die oppervlak ken met elke lopie en pas die draaimomentum op die wiele aan ”

“Na ‘n paar aanpassings en verskillende bande-opwarmingstrategieë kon ons beter resultate behaal. Brooks se ervaring het gehelp met die opstel van die motor en ons het daarin geslaag om die wêreldrekord op te stel vir die vinnigste versnelde produksiemotor en ook om ons ​​eie 1/4 myl rekord te verbeter. Tog is ons vol vertroue dat die Nevera nog baie meer kan gee, en ons kan nog vinniger ry met meer ervaring en toetsing op hierdie soort oppervlak. Ons sal beslis weer probeer.”

Leave a Reply