Skip to main content

‘n Leser het ons die afgelope week genader met ‘n vraag oor sy hondjie, en Die Waarheid het besluit om weekliks ‘n rubriek te publiseer waarin ons lesersnavrae oor dieregedrag na ons deskundige verwys. Let wel: Hierdie rubriek hanteer slegs navrae oor dieregedrag en nie dieregesondheid nie omdat die vakgebied van veeartse is. As jy dus besorg is oor jou troeteldier se gesondheid, spreek jou veearts. Ons kundige het jare se ervaring op die gebied van dieregedrag en –opleiding, en sal goeie raad kan gee. E-pos jou navrae aan diere@diewaarheid.com

 

Waarom lek honde een persoon meer as ‘n ander?

Daar is verskillende redes waarom honde lek.  Dit kan wees dat die persoon ‘n oop wond het en die hond dit wil genees.  Of daar is ‘n kosreuk of sweet op jou hande of arms. Ander redes kan wees dat die hondjie net bly is om jou te sien en hallo wil sê, dit kan wees om stres te verlig of om te wys hy is onderdanig.

Beloon jou hondjie wanneer hy jou nie lek nie deur baie aandag aan hom/haar te gee, maar ignoreer hom as hy sy tongetjie op jou vel probeer plak.

Die hondjie sal heelwaarskynlik dan besef jy hou nie daarvan nie, en ophou lek.

Goeie redes om jou troeteldier te steriliseer:

  • Hulle sal beslis minder rondloop
  • Hulle gaan minder baklei en dit gaan aggressie uitskakel
  • Baarmoederinfeksie of kanker is skraler
  • Dit gaan beslis onnodige babas uitskakel

Deel gerus jou vrae en probleme omtrent jou vierpotiges hier op ons blad.

Leave a Reply