Skip to main content

Nadat oproermakers meer as ‘n maand gelede ‘n chemiese pakhuis, UPL, aan die brand gesteek het ná die gevangenisstraf van oud-president Jacob Zuma, is vleiland en riviere besmet, tonne dooie visse deur hazmat-spanne verwyder en strande is gesluit.

Dit is as gevolg van ‘n giftige neerslag wat deur die brand versprei is. Inwoners wat vir tien dae die giftige dampe ingeasem het omdat dit so lank geneem het om die vuur te blus, het onophoudelik gehoes. Nou wonder hulle of hulle langtermyn gesondheid-gevolge sal oorhou.

AmaBhungane se ondersoek bevestig dat die pakhuis miljoene liter chemikalieë bevat, waarvan sommige as ‘baie giftig’ beskou word.

Teen die tyd dat die brand geblus is, het chemise-besmette vloeistof van die brand die Ohlanga-rivier, die Umhlanga-strandmeer en die gewilde strande in die noorde van Durban bereik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!