Na bewering glo president Cyril Ramaphosa dat hy ‘n vrou nodig het om sy adjunkpresident te wees om sodoende balans in mense se oë te bewys.
Volgens mening is die een persoon wat senioriteit en ‘n ‘goeie’ rekord in die ANC het, Thandi Modise.
Praat ons van dieselfde mens?
Thandi Modise, die speaker van die nasionale vergadering, wat namens die parlement verskoning gevra het gedurende die Zondo kommissie se ondervraging oor dié se vertraging om stappe te neem teen staatskaping as tweede in bevel in ons land.
‘Dit is betreurenswaardig dat die indruk is dat die parlement eers wakker geword het toe dit regtig sleg was. Daarvoor moet ons die Suid -Afrikaanse mense om verskoning vra.”
Dit is hoe Modise die verantwoordelikheid ‘gedra’ het vir wat op die beste as flou parlementêre verantwoordelikheid beskryf kan word.
Modise, wat ‘n regsflater begaan het deur ‘n geheime stemming te weier in ‘n komende wantrouestemming teen president Cyril Ramaphosa – dieselfde man wat haar wil nader hark.
Modise, wat in die visier is van die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane rakende ‘n beskuldigingsproses wat sy tans in die gesig staar. Modise is verplig om as spreker onpartydig te bly, maar ‘alle tekens getoon het dat sy aan die kant van die Demokratiese Alliansie [DA]’ is wat die mosie vir die verwydering van Mkhwebane ingedien het.
Modise wie se amptelike curriculum vitae ‘n aantal vals bewerings bevat asook opvallende feitelike onjuisthede, is deur AFRICA CHECK ontdek.
Die amptelike ‘profiel’ van die voormalige premier van Noordwes, Thandi Modise, beweer dat sy tans studeer vir ‘n meestersgraad in ekonomie, dat sy ‘n ‘spesiale leierskapskursus’ aan die ‘Universiteit van Jordanië’ in die Verenigde State bygewoon het en dat sy ‘n ‘sertifikaat van afrigter in militêre opleiding “en ‘n “sertifikaat in geslagstudies” het.
Nie een van die bewerings is waar nie.
Modise, wie ‘n ooreenkoms met die departement van openbare werke in die provinsie gesluit het sodat haar suster, Naledi Molete, vir slegs R200 per maand in ‘n vier-slaapkamer-eiendom in Mafikeng kan woon.
Molete is in Junie oorlede, maar haar kinders woon nog steeds in die huis, wat op ‘n standplaas van 1 270 m2 in Rivierapark is en ook ‘n swembad het.