Skip to main content

Bheki Cele, die minister van polisie, het die bewerings dat al die geplunderde goedere, veral kos, wat teruggevind was, verbrand en vernietig gaan word, as nonsense afgemaak.

Dit kom nadat wydverspreide bewerings en foto’s van beweerde goedere tydens die onlangse onrus, deur polisiebeamptes vernietig en verbrand is.

Cele het gepraat tydens sy besoek aan die Phoenix-gebied Sondag.

‘Mense kom net met leuens, ek weet nie hoekom hulle dit doen nie, want daar is geen voedsel wat vernietig gaan word nie,’ het hy gesê.

Cele het gesê dat die voedsel wat gevind word na die polisie se SP13 gaan, waar alles wat as bewyse gebruik kan word, bewaar word.

Die minister het bygevoeg dat die polisie saam met die departement van maatskaplike ontwikkeling en die departement van gesondheid werk.

‘Die plig van die departement van gesondheid is om vas te stel of die kos nog in ‘n goeie toestand is om gebruik te word. Die departement van maatskaplike ontwikkeling sal die kos neem en dit aan die liefdadigheidsorganisasies, soos weeshuise en ouetehuise, versprei. Dit is nie waar dat die voedsel vernietig word nie en dat dit alles verbrand sal word nie,” het hy gesê.

Cele het verder gesê dat teruggevonde dinge soos toestelle wat by die kleinhandelaars gesteel is, ook gestoor is.

Hy het gesê dat kleinhandelaars ook die polisie gevra het om al die toestelle te besigtig om die reeksnommers te verifieër, en hulle sal dan besluit wat hulle daarmee moet doen.

‘Van wat ons van die kleinhandelaars hoor, is dat al die dinge nou tweedehands is en kan dit nie as nuwe dinge verkoop word nie. Sommige van hulle het hulself ook verbind om te sê dat hulle hierdie dinge ook aan liefdadigheidsorganisasies sou skenk,” het Cele gesê.

Hy het bygevoeg dat nie die polisie of die regering kleinhandelaars kan vertel wat hulle met hul eie goedere moet doen nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!