Daar is ‘n gesegde: ‘die deler is net so goed soos die steler.’
Die nuus uit alle oorde is dat ons tesourie bankrot is, en dit lyk of alle staatsdepartmente nou naarstigtelik op soek is na kapitaal – in so ‘n mate dat hulle selfs belasting op gesteelde geld hef.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het twee maatskappye waarvan Brian Shivambu die alleeneienaar is, geklap met ‘n belastingrekening van R28,2 miljoen.
Hierdie reuse bedrag sluit stywe boetes in omdat Shivambu volgens hulle probeer het om belasting vir die tydperke 2017, 2018 en 2019 te ontduik.
Shivambu het VBS Mutual Bank bedrieg uit ongeveer R16 miljoen, het die SAID se ouditeure en ondersoekers bevind. Hy het ”n kriminele oortreding gepleeg’ deur dit nie as inkomstebelasting en BTW te verklaar nie – optrede wat as ‘opsetlike belastingontduiking’ beskou word – en, toe hy deur die SAID-ouditeure en ondersoekers gekontak is, op ‘n “obstruktiewe” manier opgetree en die meeste van hulle kommunikasie en versoeke ignoreer.
As hy wel sou reageer op die SAID briewe, sou dit in die eerste plek beteken dat hy erken dat hy dit gesteel het.
En dit is skrikwekkende dat die SAID die belastingontduiking daarvan sien as krimineel, maar was die diefstal nie ook ‘n kriminele oortreding nie?