Skip to main content

‘n Bejaarde vrou van die Ferndale=omgewing is Vrydag omstreeks 11:15 aangeval deur ‘n man wat haar vermoedelik agtervolg het van ‘n nabygeleë winkelsentrum. Die vrou het ernstige beserings opgedoen.

‘n Veiligheidsmaatskappy en ambulans is na die toneel ontbied. Hulle het die vrou op die toneel gevind met veelvuldige steekwonde aan haar arm. Sy is op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Sy het glo by ‘n nabygeleë winkelsentrum kruideniersware gekoop en met haar terugkeer, het die verdagte wat haar vermoedelik na haar huis gevolg het haar van haar handsak probeer beroof. Sy het teruggeveg en het ernstige besering opgedoen.

Die verdagte het van die toneel gevlug.  Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!