Skip to main content

Die Bela-Bela-polisie ondersoek die voorval waarin Marius Grobler (67), bekende boer van die omgewing, vroeë vandag buite die dorp aangerand is.

Volgens inligting van Grobler se familie was hy op pad huis toe op die Thaba Monate-wildreservaat toe hy in ’n ligte botsing met ’n wit Ford Ranger was.

Hoewel die presiese detail oor wat daarna gebeur het steeds onduidelik is, toon voorlopige ondersoeke dat Grobler daarna ernstig aangerand is deur die insittendes van die ander voertuig.

’n Verbyganger het by die toneel stilgehou waarna die twee verdagtes van die toneel weggejaag het.

Grobler het erge beserings aan sy lyf opgedoen en is in die Podi Clinic in die dorp opgeneem.

Sy heup is na verneem word tydens die aanranding gebreek en hy wag nou om geopereer te word, het ’n familielid gesê.

Sy aanvallers het volgens die polisie van die toneel weggejaag.

Leave a Reply