Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se werksmag het oor die laaste vyf jaar geweldig verminder.  Suid-Afrika het van die grootste en meeste privaat veiligheidsmaatskappye ter wêreld.

Volgens kenners is die vermindering van SAPD-lede gevaarlik, veral terwyl misdaadstatistieke en onluste onaanvaarbaar hoog is.  Die tekort aan sigbare polisiëring het tot gevolg dat misdaad geweldig toegeneem het.

Daar is tans ongeveer 185 000 SAPD-lede en ongeveer 39 000 burgerlike werkers in diens.

Die polisie het tussen 2017 en 2020 ‘n totaal van 32 662 personeellede verloor, terwyl slegs 20 959 nuwe aanstellings gemaak is.  Daar is dus 11 703 minder SAPD-lede beskikbaar om die land se burgers te beskerm en dit in die middel van ‘n epidemie.

Verskeie redes vir die uittrede is as gevolg van ouderdom, gesondheid, sterftes en beter werk elders en ander persoonlike oorsake aangevoer.

Die beperkte hulpbronne is ook ‘n groot probleem.

Leave a Reply