Skip to main content

Die onlangse onluste in veral KwaZulu-Natal en dele van Gauteng het aan die lig gebring dat ons polisie en intelligensiediens heeltemal onvoorbereid was vir sulke gebeure. Nie dat dit enige verrassing is nie. ‘n Paneel op hoë vlak, onder leiding van dr. Sydney Mufamadi, het reeds drie jaar gelede onthul dat Suid-Afrika se staatsintelligensiediens nie juis iets is om oor te praat nie, berig Vanessa Banton.

President Cyril Ramaphosa het op 5 Augustus ‘n paar veranderinge aan hierdie sektor aangebring. Hy het aangekondig dat hy die ministerie van staatsveiligheid ontbind en die staatsveiligheidsagentskap onder die presidensie plaas. Na Ramaphosa se aankondiging is daar kommer uitgespreek dat dit kan lei tot ‘n presidensie wat die spioenasie-agentskap kan misbruik.

Die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse geheime diens, Moe Shaik, sê Ramaphosa se jongste stap bring die burgerlike intelligensiedienste onder die vereiste grondwetlike gesag.

Anthoni van Nieuwkerk van die Wits School of Governance skryf dat dié stap lankal gedoen moes wees en dat dit die land sal help met sy sosio-ekonomiese herstel as dit behoorlik opgestel word.

Lawson Naidoo en Dan Mafora van die Council for the Advancement of the South African Constitution (Casac) skryf dat Ramaphosa se besluit ‘n broodnodige stap was in die rigting van die stabilisering van die SSA, maar waarsku dat daar  teen buitensporige uitvoerende beheer gewaak moet word.

Jakkie Cilliers van die Institute for Security Studies verwelkom ook die stap, maar ondersoek wat nóg gedoen moet word om stabiliteit by die land se intelligensiedienste te bewerkstellig.

Leave a Reply