Drie medaljes. Slegs drie. En almal deur vroue gewen.
Boonop het dit gebeur sonder ‘n ‘geldwortel’ voor atlete se neuse. Hulle is duidelik trots op ‘n eens goeie land wat in die laaste 27 jaar deur die regering ten gronde geloop word.
Een goud, twee silwer. Johnathan Jansen berig dat selfs die verraderlike Judas Iskariot meer silwer in sy hande gehou het.
Vergeleke met ander armer lande, het ons slegter as power gevaar, en die ANC se minister van sport en kultuur wou hierdie skandaal wegpraat deur te sê ‘Die span wat SA op die Olimpiese Spele verteenwoordig, weerspieël nie die demografie van die land nie.’
Uhm, wie se skuld is dit?
Kenia het 10 medaljes gekry en Ethiopië en Uganda vier medaljes elk. Kuba stap trots weg met 15 medaljes.
Dalk moet ons Kuba se atlete oorkoop nes ons met hul dokters en ingenieurs doen?