Skip to main content

Drie mans wat na bewering ‘n rooftog gepleeg het en een man vermoor het, het ontsnap net voordat hulle Donderdag uit die hooggeregshof in Pietermaritzburg geneem is.

Bronne het gesê dat die drietal weggekom het terwyl die tronkvoertuig in tru-rat gery het om hulle op te laai. Hulle het weggehardloop en is na bewering deur ‘n motor opgelaai wat op hulle gewag het.

‘n Polisiewoordvoerder, kaptein Nqobile Gwala, het bevestig ‘n saak van ontsnapping uit wettige aanhouding word deur die Pietermaritzburg SAPD ondersoek nadat die drie gevangenes ontsnap het.

Leave a Reply