Skip to main content

ISAAC CLOETE

Die ma wat haar pasgebore baba weggegooi het, se straf was toe nie so donker nie.

Die streeksmagistraat (vrou) op Springbok, het egter tydens
vonnisoplegging gesê dat sy haar baba “soos ‘n stuk gemors” behandel het en toe gaan “dump”(stort) het.

Met ‘n lang swart jas en swart mussie op haar kop het Chirelda Lombard(35) emosieloos gehoor dat sy net vyf jaar gekry het vir manslag.

Boonop is dit korrektiewe straf, saamgelees met artikel 276(i) van wet 51 van 1977 artikel 276(i) van wet 51van 1977 artikel 276(i) van wet 51 van 1977.

Op die tweede klagte (die verberging van ‘n geboorte), het sy drie jaar
tronkstaf gekry, maar dit is algeheel opgeskort. Die hof  het verder bevind dat sy nie bevoeg is nie om ‘n vuurwapen te besit.

Dit beteken met die diskressie van die kommissaris kan sy vroeër vrygelaat word om die res van die vonnis by die huis uit te dien. Die vonnis-oplegging het Dinsdag in die Springbok streekshof plaasgevind.

Lombard was aanvanklik van moord aangekla, maar dit was verander na:

  1. Strafbare manslag en
  2. Die verberging/verswyging van ‘n geboorte.

Die saak spruit uit n voorval wat te Hondeklipbaai gebeur het. Volgens die staat het Lombard hier haar pasgebore baba in September 2018 op ‘n vullisterrein gaan weggooi.

Die baba (later bekend as Gabrielle) was per toeval deur twee plaaslike inwoners hier gevind terwyl hulle na vuurmaakhout gesoek het.

Sy het dit aanvanklik ontken, maar was gearresteer. DNS-toetse het later ook bevestig dat Lombard die ma van die kind is.

In haar pleitverklaring op 19 April op Springbok het sy erken dat sy haar baba gaan “dump” (stort) het.

Tydens haar uitspraak het die vrouelanddros gesê  dat Lombard ‘n swaar huislike lewe gehad het. Hier was sy aan drankmisbruik blootgestel.

“Sy het in dwelms verval, maar dit gelos. Haar eksman en gewese skoonpa het haar ook misbruik. Mense na aan haar het haar ook seksueel misbruik.”

Die aansienlik skraler en bewerige Lombard het haar kop laat sak toe sy hoor dat sy vir vyf jaar moet tronk toe gaan.

Loftus Badenhorst, haar ouerige pa, was dié keer baie meer bedeesd by die hof as die vorige keer toe hy Die Waarheid se verslaggewer wou intimideer en ontsenu.

Hy het net stip voor hom gekyk en na die magistraat se uitspraak geluister. Sy vrou, Rina, moes hom  uit die hofsaal lei en ondersteun, omdat hy blykbaar nie die uitspraak – haar tronkstraf- dadelik kon verwerk nie.

Intussen voel die publiek dat die “sleutels weggegooi” moet word en dat sy eerder in die tronk moet vrot. Baie voel dat sy eerder “lewenslank” moes gekry het.

Haar eks-man het gesê dat hy bly is oor haar straf, want nou is daar “minder probleme in sy lewe.”

Basil Kock was die aanklaer en Annamarie Theys haar staatsprokureur.

Leave a Reply