‘n Inligtingsgedrewe operasie deur ‘n multidissiplinêre span bestaande uit speurders, K9, Air Wing en Sigbare Polisieëring het Dinsdag gelei tot die arrestasie van twee verdagtes vir gewapende roof.
Daar word beweer dat amptenare van die veiligheidsmaatskappy besig was met pensioenuitbetalings in die gemeenskapsaal in die dorpie Elias buite Ganyesa toe vier verdagtes vuurwapens op hulle gerig het en almal beveel het om te gaan lê. Die verdagtes het die veiligheidsbeamptes van hul vuurwapens beroof en twee kontanthouers gevat voordat hulle van die toneel gevlug het in ‘n wit Toyota dubbelkajuitbakkie met ‘n Noord -Kaapse registrasienommer.
Na die voorval het die polisie van die omliggende area, Air Wing, plaaslike boere en lede van die gemeenskap ‘n intensiewe soektog na die verdagtes begin. Tydens die soektog is inligting ontvang dat daar gesien is hoe twee mans uit ‘n huis in die dorp Kgokgojane hardloop het met sakke by hulle.
Na verdere ondersoek het die polisie twee kontanthouers by hulle gevind. Die verdagtes het skote op die polisie afgevuur en is uiteindelik in die nabygeleë bosse in hegtenis geneem. Tydens die arrestasie is R35 000.00 in besit van een van die verdagtes gevind. ‘n 9 mm Pistool en ‘n sak met kontant is in ‘n gat gevind.
Intussen sou die gearresteerde verdagtes, wat albei van Jouberton township buite Klerksdorp is, vandag in die landdroshof in Ganyesa verskyn op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die saak word verder ondersoek.