Skip to main content

Gert en Elna Botha is verlede Dinsdag in die vroeë oggendure op hul plaas Skuinsdrif aangeval. Die werkers is deur ses aanvallers vasgemaak by hul huise en hulle selfone is stukkend geslaan. Die aanvallers het een foon gehou wat hulle gebruik het om een van die huiswerkers te dwing om hul werkgewer te bel en te sê dat een van hulle siek is.

Die werkgewers Gert en Elna het medisyne na die werkershuise geneem waar daar op hulle geskiet is vanuit die donker. Hulle kon daarin slaag om weg te jaag en die sekuriteit in kennis te stel van die aanval.  Die aanvallers het te voet gevlug.

‘n Opvolgoperasie is onmiddelik van stapel gestuur. Die spore is gevolg tot by Enzelsberg, waar drie van die ses gearesteer is. Twee van die aanvallers het op Skuinsdrif reeds op ‘n vroeë staduim van die groep weg gebreek. Soos wat die agtervolging uitgebrei het is van die verdagtes vanaf ongeveer 13:00 stelselmatig gearresteer. Die laaste van die vier is nog op vrye voet, so ook die twee wat vroeër weggebreek het.

‘n Groen Isuzu dubbelkajuitbakkie met registrasienommer CLV611NW en ‘n silwer Hyundai sedan met registrasienommer VWP634GP is met aanvang van die operasie deur ‘n boer as verdag gerapporteer en die SAPD het daarop beslag gelê.
Hierdie voertuie is positief met die aanval verbind.

Met die arrestasies is bevestig dat dit dieselfde groep aanvallers is wat reeds sedert 2017 ‘n reeks aanvalle in die Ottoshoop, Zeerust, Lichtenburg en Groot Marico polisiegebiede gepleeg het.  ‘n Wapen wat tydens die arrestasies in die besit van een van die aanvallers gevind is, word vermoedelik verbind met ‘n aanval op 8 Julie 2021 op Nietverdiend.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!