Skip to main content

Nog ‘n aanval word ondersoek nadat rowers Saterdagnag ‘n gesin op ‘n kleinhoewe in Theescombe in Port Elizabeth aangeval het.

‘n Ma en haar kinders was besig om TV te kyk toe sy ‘n onbekende man met ‘n klapmus by die glasdeur opgemerk het.  Daar was ‘n skoot afgevuur en die glas van die deur het gebreek. Terselfdertyd is die aangrensende glasvenster ook gebreek.

Die inbrekers, wat gewapen was, het die familie vasgebind, en is beveel om op die grond te lê, terwyl drie rowers die huis geplunder het. ‘n .38 Rewolwer, juweliersware, ‘n beursie, drie selfone, kontant en ‘n skootrekenaar is gesteel.

Die vorige aanval het op 29 Februarie in dieselfde area plaasgevind waar ‘n egpaar van in die 60 deur vier rowers aangerand en vasgebind was. Die rampokkers het met ‘n 9 mm -pistool, geld en verskeie ander items gevlug.

Die polisie raai weereens huiseienaars aan wat veral op kleinhoewes woon of relatief afgesonder is van hul bure om alarmstelsels te installeer en om seker te maak dat hulle oor die nodige sekuriteit beskik om hulle te beskerm.

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!