Skip to main content

Die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Kommitee het eier op sy gesig gekry nadat Bryan Habana ‘n GoFundMe vir medaljewenners opgestel het.

Dit het gebeur nadat Barry Hendriks, president van Sascoc, bevestig het dat hulle nie bonusse aan die medaljewenners gaan gee nie omdat die organisasie in ‘n moeilike finansiële situasie verkeer.

Hendriks beweer nou dat daar wel onderhandelinge was met vennote oor die kwessie van finansiële belonings aan medaljewenners tydens die Olimpiese Spele in Tokio en die Paralimpiese Spele, maar dat niks gefinaliseer was nie.

“Ons sal medaljewenners beloon, en die bedrag vir elke medaljewenner sal mettertyd bekend gemaak word sodra ons die onderhandelinge met ons vennote afgehandel het,” het Hendriks gesê.

In ‘n verklaring later Dinsdag deur die Ministerie van Sport, Kuns en Kultuur, word gesê dat ‘n finale aankondiging oor die aansporings vir Suid -Afrikaanse atlete wat medaljes op die Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele gewen het, voor die afsluiting van die Paralimpiese Spele op 5 September gemaak sal word.

Hendriks beweer dat die organisasie nie wou hê dat aansporings ‘n afleiding vir die atlete moet wees terwyl hulle voorberei vir die Spele nie. Dit is ‘n baie vreemde rede, aangesien die afgelope drie Somer-Olimpiese Spele aansporings ‘n maand voor die Spele aangekondig is, en dit was beslis nie ‘n afleiding vir die Roeikwartet in Londen nie, en ook nie Cameron van der Burgh of Chad le Clos daardie jaar nie. Ook nie vir die ander tien medaljes wat vyf jaar gelede na ‘n rekordvertoning in Rio de Janeiro huis toe gebring het.

Sascoc het altyd in die weke voor die Spele ‘n bohaai gemaak gedurende die uitreiking van aansporings; in 2008 is ‘n totale bedrag van R500000 opsy gesit, met die verspringer, Khotso Mokoena, wat die hele bedrag ingesamel het as die enigste atleet wat daardie jaar ‘n medalje ingepalm het.

By die Olimpiese Spele in Londen was daar ‘n aansienlike toename; goue medaljewenners, het R400 000 huis toe geneem met hul afrigters wat R100 000 ingepalm het, silwer- en bronsmedaljes verdien onderskeidelik R200 000 en R80 000, terwyl die afrigters R50 000 en R20 000 ontvang het, terwyl die Paralimpiese atlete R100 000 vir goud, R75 000 vir silwer ontvang het en R40 000 vir brons. Die afrigters het onderskeidelik R20 000, R15 000 en R10 000 gekry.

Leave a Reply