Byna ‘n maand na die moord op sy kollege het Thayod Pimpi, raadslid van Khayelitsha, ANC-wyk 93 en sy gesin nouliks aan die dood ontkom toe onbekende verdagtes sy huis aanval.
Die voorval verlede Vrydag het gebeur onderwyl die ANC die dood van die raadslid Nokuthula Bolitye, wat op 12 Julie buite haar huis in Crossroads na ‘n tweede aanval doodgeskiet is, betreur het.
Die 50-jarige Bolitye het in ‘n minibustaxi voor haar huis gesit toe drie onbekende mans die voertuig genader en talle geweerskote afgevuur het in Gqolomastraat, Crossroads, naby Nyanga.
Verlede jaar is Bolitye in die been en maag geskiet en haar seun is in die rug geskiet nadat twee mans by hul huis ingebreek het.
Pimpi het Dinsdag aan die Cape Times gesê dat hy op die punt was om te gaan slaap toe die verdagtes, vanuit twee motors wat by sy huis geparkeer was, begin skiet het. Die verdagtes het ook sy motor, wat in die erf geparkeer was, raakgeskiet.
Die aanval kom net nadat hy weer as die wyksraadslid in sy omgewing verkies is. Pimpi meen die skietery was polities gemotiveerd.
“Dit was ongeveer 12 uur en ek was net besig om gereed te maak om bed toe te gaan. Ek het die ligte afgeskakel en toe ek in die rigting van die bed stap, hoor ek ‘n vlaag geweerskote en ek besef dat hulle op my huis skiet’.
”Ons het skuiling geneem terwyl hulle skiet. Ek was bekommerd oor my gesin’.
“Wat my geskok het, is dat ek in geen geveg met iemand in die gemeenskap of by die werk betrokke was nie’.
”Wat ek wel weet is dat daar politiese onstabiliteit is en jy moet onthou dat dit nou verkiesingstyd is. Sommige is jaloers omdat hulle nie die wyksraadslid-verkiesings gewen het wat ons verlede week gehou het nie’.
”Ek is weer herkies as die wyksraadslid tydens ons algemene jaarvergadering (AJV). Mense is net jaloers omdat ek ‘n toegewyde persoon is’.
”Ek betrek altyd my mense, veral oor kwessies wat my aandag nodig het waar dit die gemeenskap raak,’ het Pimpi gesê.
Niemand is nog vir die aanval in hegtenis geneem nie, het polisiewoordvoerder, kolonel André Traut, gesê.
‘Hierdie kantoor kan bevestig dat ‘n poging tot moord op 7 Augustus 2021 in Khayelitsha ondersoek word na ‘n voorval waar skote op die woning van ‘n 48-jarige man gevuur is. Hy is nie gewond nie,” het Traut gesê.
Die voorsitter van die Khayelitsha Ontwikkelingsforum, Ndithini Tyhido, het die skietvoorval veroordeel.
“Ons doen ‘n beroep op alle politieke partyleiers en ondersteuners om saam te werk, veral tydens die verkiesing. Dit kan nie gebeur dat as jy polities met ‘n persoon verskil, of as jy die stemmery verloor het, jy hulle probeer doodmaak nie’.
”Die polisie moet ‘n vinnige arrestasie rakende die voorval maak voordat hierdie soort dade in die omgewing ontplof. Ons is bly dat die gesin van Pimpi veilig en gesond is’.
“Die gemeenskap van Khayelitsha kyk op na sy leiers vir dienslewering, en as dit nou gebeur, gee dit ‘n slegte beeld aan die politiek,’ sê Tyhido.