Skip to main content

Die ontploffing by die Medupi-kragstasie se eenheid 4-kragopwekker het groot skade aan die kragopwekker aangerig, het Eskom Maandag gesê.

‘Die voorval het tydens ‘n toets plaasgevind waar waterstof onderskeidelik met koolstofdioksied en lug verplaas was om sodoende ‘n eksterne lek te probeer vind. Gelukkig is daar geen beserings opgedoen deur personeel wat tydens die voorval op die terrein was nie.”

Eskom het gesê dat dit na ‘n voorlopige ondersoek geblyk het dat, terwyl daar nog waterstof teenwoordig was, lug in die kragopwekker gesit is terwyl die toets uitgevoer is.

Die kragvoorsiener het gesê dat die waterstof steeds in voldoende hoeveelhede teenwoordig was om ‘n plofbare mengsel te vorm wat ontbrand het en die ontploffing Sondagaand tot gevolg gehad het.

“Dit blyk ook dat daar ‘n afwyking was van die prosedure vir die uitvoering van hierdie toets,” het Eskom gesê.

“Eskom het die werknemers wat verantwoordelik was om hierdie werk te bestuur en uit te voer, onder voorlopige skorsing geplaas terwyl dit ondersoek word.”

Die ontploffing by eenheid 4 het ook veroorsaak dat eenheid 5 buite aksie is. Voorbereidings om Medupi-eenheid 5 aan die gang te kry is reeds in werking gesit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!