Skip to main content

SONJA BROWN

die vele fasette

van ‘n vrou

lê in die onthou

en die omvou

van haar warmte

om jou en jou…

dis haar glimlag

wat kon straal

of kon faal

in tye van

haar eie lyding,

dis in haar oë

se kyk, sag of

vol lag of dood

soos ‘n Jood se

gaskamer-asemnood,

dis in haar woorde

wat moet bou

wat moet klou

aan hoop en vertrou

vir mensdom se bou,

dis in haar vat:

die gevoel van omgee

en versekering dat

alles oukei sal wees.

dit is sý. sý is vrou.

Leave a Reply