Brian Leroni, senior vise-president van korporatiewe aangeleenthede by Massmart, het aan MyBroadband gesê dit sal maande neem om die skade wat aan die onderneming se twee winkels in KwaZulu-Natal aangerig is, te herstel.
Massmart, wat ook Game, Builders en CBW besit, het gesê 41 van sy fasiliteite is geraak deur die plundering en geweld wat ontstaan het in die dae na die arrestasie van oudpresident Jacob Zuma.
39 van dié geaffekteerde fasiliteite was geleë in KwaZulu-Natal, die gebied wat die ergste onrus ondervind het.
Dit het twee Makro-winkels ingesluit: een in Springfield, Durban en ‘n ander in Camps Drift, Pietermaritzburg.
Tien Game-winkels in verskeie winkelsentrums is ook geplunder en gevandaliseer.
Leroni het gesê Massmart verwag dat die meeste Game-winkels binne die volgende ses tot twaalf weke waarskynlik weer sal oopmaak. Hy het bygevoeg dat hierdie winkels verseker is teen ‘onderbreking van sake doen’.