Cyril se tjomme in sleutelposisies
President Cyril Ramaphosa het sy greep op die staat versterk deur sy mees vertroude bondgenote in sleutelposisies te plaas.
Die skuif van sy vertroude bondgenote na senior poste is ‘n duidelike aanduiding dat Ramaphosa sy visier het op die tweede termyn as president van die land en die ANC, en die nuwe aanstellings is die mense wat hom dit sal laat bereik.
Een van sy naaste bondgenote, Enoch Godongwana, is nou in beheer van die openbare beursie. Godongwana is die brein agter die plan vir ekonomiese herstel, en sy opkoms tot die ministerie van finansies sal hom in staat stel om die plan wat hy opgestel het in sy hoedanigheid as voorsitter van die ANC se NUK-subkomitee oor ekonomiese transformasie, te implementeer…