Skip to main content

‘n 93-jarige vrou, Cynthia Doubell, se liggaam is Saterdag in haar huis in Bellville, Kaapstad, gevind.

Doubell het alleen gewoon en haar buurvrou, het elke oggend vir haar ‘n koppie koffie gevat, wanneer sy buite gaan sit het.  Die buurvrou het ondersoek gaan instel, nadat sy nie vir Doubell Sondagoggend gesien het nie.  Sy het op Doubell se naakte liggaam op haar bed afgekom.

Die polisie het deeglike ondersoek ingestel en daar is intussen ‘n 25-jarige man in verband met Doubell se moord gearresteer.  Daar word vermoed dat Doubell ook verkrag is.  Sy het verskeie beserings aan haar liggaam gehad.

Die motief rakende die moord is op hierdie stadium nog onbekend.  Die 25-jarige sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn.

Leave a Reply