Skip to main content

Kroeë regoor die VSA het tekens in die damesbadkamer met instruksies oor hoe om die kuierplek se ‘safe word’ te gebruik. As jy in ‘n situasie ongemaklik voel, hetsy met jou medgesel of ‘n opdringerige vreemdeling, kan jy kroeg toe gaan, die veilige woord of frase gebruik, en die personeel sal sien dat jy veilig tuis kom.

Jy kan byvoorbeeld ‘n Angel shot met cola bestel, wat die kroegman waarsku en laat weet dat hul die polisie moet bel om in te gryp. Jy kan ook vra dat die engeldrankie skoon bedien word, wat beteken dat jy wil hê dat ‘n sekuriteitswerker jou na jou motor moet neem. Of jy kan ‘n engel met ys bestel, en ‘n bestuurder bel ‘n Uber of taxi om te verseker dat jy veilig by die huis kom. Om ‘n Angel shot te bestel, bevat baie belangrike inligting sonder om direk te sê dat jy hulp nodig het voor die persoon wat jou onveilig laat voel.

Die klink na ‘n baie goeie idee vir kroeë hier in SA. Laat weet ons wat jy van hierdie idee dink!

Leave a Reply

error: Content is protected !!