Skip to main content

Die Amerikaner Sydney McLaughlin het vanoggend haar eie 400 meter-hekkies wêreldrekord gebreek om die goue medalje in 51.46 sekondes by die Tokio Olimpiese Spele te wen.

McLaughlin se rekord kom net ‘n dag nadat die Noorweegse ster Karsten Warholm die mansrekord aan flarde gehardloop het.

In die proses het sy met haar spanmaat Dalilah Mohammed afgereken.

Die 21-jarige het by die voorlaaste hekkie gestotter en Mohammed toegelaat om in te haal, maar haar momentum het haar eerste oor die lyn gedra om haar vorige rekord van 51.90 wat in Junie by die Amerikaanse proewe gestel is, te breek.

Die jong Hollandse sensasie Femke Bol het die bronsmedalje verower.

Leave a Reply

error: Content is protected !!