Die Mercedes-bestuurder wat daarvan aangekla word dat hy tydens die onlangse onrus ‘n mandjie vol goed by ‘n Woolworths-kruidenierswinkel in Glenwood gebuit het, het R5 000 borgtog gekry, het die Nasionale Vervolgingsgesag in KZN bevestig.
Mbuso Moloi het gisteroggend sy tweede verskyning in die Durbanse landdroshof gemaak. Moloi is sedert 29 Julie in die Westville-gevangenis aangehou nadat hy van openbare geweld, diefstal en betreding aangekla is.