Die Noorweegse superster Karsten Warholm het vanoggend sy eie wêreldrekord in die 400 m hekkies verpletter om die goue medalje te wen in wat sekerlik as die hoogtepunt van die 2020 Olimpiese Spele gesien moet word.
Warholm het ‘n skouspelagtige eindstryd in ‘n nuwe wêreldrekordtyd van 45.94 gewen. Rai Benjamin van die VSA het tweede gekom om silwer te wen (46.17), terwyl Brasilië se Alison dos Santos brons gekry het (46.72).
Beide Warholm en Benjamin het die wedloop onder die vorige wêreldrekord voltooi, met die Noorweegse blits byna ‘n sekonde onder die voormalige wêreldbeste (46.70).
Warholm het die Amerikaner Kevin Young se rekord van 46.78, wat hy by die Spele van 1992 in Barcelona opgestel het, ‘n maand gelede verbeter. Young se rekord het 29 jaar gestaan.