Skip to main content

CHANTé DANIEL

Daar is absoluut geen rus vir die tendensjagters van TikTok nie.

Die nuwe groot ding wat TikTok stormerhand verower, is die Bugs Bunny Challenge.

Toe ons die eerste keer hiervan hoor, het dit gelyk asof ‘n mens baie met hierdie idee kan doen. Miskien ‘n uitdaging waar mense ‘n goeie nabootsing van die televisiekarakter probeer doen? Of het dit iets met werklike hasies te doen?

Dit het ongelukkig niks te doen met ons gunsteling tekenprentkonyn nie, en alles daarmee te doen om met jou (gewoonlik kalerige) agterkant in die lug te sit (of dalk met jou nuwe sokkies te pronk).

Basies moet die persoon op sy/haar maag lê met hulle voete agter hul kop, sodat hul soos haas-ore lyk. Hulle beweeg dan hul voete soos ‘n paar hasie-ore wat swaai, voordat hulle hul boude terterig bo hul koppe lig en weer laat terugsak.

Die liedjie wat gebruik word in die Bugs Bunny Challenge is ‘n Russiese liedjie genaamd ‘самый грязный заяц’ deur die Russiese hip-hop-kunstenaars Timati met Egor Kree wat as gaskunstenaar optree (Тимати feat. Егор Крид in Russies). Blykbaar vertaal die spesifieke liriek wat in die gewilde Bugs Bunny Challenge gebruik is: “Ek is die vuilste haas (Bugs Bunny), ek gooi geld weg op saunas (Bugs Bunny).”

Die hashtag Bugs Bunny Challenge het al meer as 11 miljoen kyke op die app terwyl mense die nuwe neiging probeer, maar baie het gewaarsku dat die uitdaging slegs gedoen moet word deur mense wat 18+ is weens die onvanpaste inhoud.

Leave a Reply

error: Content is protected !!