Skip to main content

Plaasaanvallers op ‘n plaas in Sulphur Spring tussen Piet Retief en Pongola in  Mpumalanga het Robbie Koen verlede week een aand om 19:30 uit sy huis gelok deur ‘n brand op die plaas te begin.

Nadat Koen die brand geblus het, is hy aangeval. Die aanvallers het vuurwapens en geld geëis.  Hulle het hom vasgebind en vir twee en ‘n half ure lank aangerand terwyl hulle die huis geplunder het.

Die aanvallers het te voet gevlug met huishoudelike items, vuurwapens en ammunisie.

Koen het daarin geslaag om homself te bevry en na sy pa, wat op dieselfde plaas woon, se huis gegaan om hulp te kry.  Die polisie en boere in die omgewing het dadelik gereageer nadat alarm gemaak is, maar daar was geen arrestasies nie.

Die inwoners word deur die polisie gewaarsku om nie na buite te gaan as hulle iets vermoed nie, maar om eers hulp te ontbied voor hulle hul woning verlaat en dat hulle by die plaaslike veiligheidsnetwerke betrokke moet raak.

Leave a Reply