Skip to main content

Eskom het Maandag aangekondig dat die bou van steenkoolaangedrewe Medupi uiteindelik voltooi is, aangesien dit aan “… statutêre, veiligheids- en wetlike” vereistes voldoen.

Daar moet egter nog uitgebreide herstelwerk in die volgende 24 maande by die aanleg gedoen word, aangesien dit steeds nie krag lewer nie. ‘n Ander belangriker feit is die installering van tegnologieë om swaeldioksiedvrystellings te verminder sodat dit aan die wette te voldoen.

Die energie-ontleder Chris Yelland meen dat die aankondiging van Maandag ‘n “voortydige papierwerkoefening” was, gegewe die herwerking wat gedoen moet word om die ontwerpfoute van die ketel aan te spreek, sowel as die installering van rookgas-ontswaelingstoerusting – wat nodig is om swaeldioksiedvrystellings te verminder sodat Eskom aan die nasionale luggehalte -standaarde voldoen.

“Dit is nie volledig nie. Daar is nog aansienlike herverwerking wat gedoen moet word. Dit lewer nie krag teen die regte energiebeskikbaarheidsfaktor (EAF) nie,” het Yelland gesê. Die EAF meet die energie wat oor ‘n jaar aan die netwerk gelewer word. As die aanleg gedurende die jaar werk, moet die EAF 100% wees. Maar in ag genome die onderhoud, behoort die EAF ongeveer 85% of 90% te wees, verduidelik Yelland.

Leave a Reply

error: Content is protected !!