Skip to main content

‘n Gesin is vroeg Sondagoggend op ‘n kleinhoewe in Bothwellstraat in Chrissiesmeer, Mpumalanga aangeval.  ‘n Onbekende aantal aanvallers het die deur van die huis afgeskop en die Van den Heevers aangeval.

Een van die slagoffers is met ‘n stuk hout aangerand.

Die sekuriteit was vinnig op die toneel en hulle het een aanvaller in hegtenis geneem.

Die polisie is ontbied en hulle het die toneel oorgeneem en daarin geslaag om nog twee verdagtes in hegtenis te neem. ‘n Voertuig is ook in beslag geneem.  Daar is in hierdie stadium geen ander inligting beskikbaar nie. Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply