Skip to main content

‘n 89-Jarige man se liggaam is Saterdagmiddag in sy huis in Stormsrivier, Oos-Kaap gevind.

‘n Vrou, wat ‘n woonstel op die bejaarde man se erf huur, het bekommerd geraak nadat sy hom Dinsdag laas gesien het.  Sy het verder ondersoek gaan instel en by ‘n venster ingekyk en gesien dat daar ‘n liggaam op die grond lê met ‘n handdoek oor. Sy het die polisie onmiddelik ontbied.

Na verdere ondersoek is daar vasgestel dat een van die kamers se vensters gebreek is.  Die kombuisdeur was ook nie gesluit nie.  Die bejaarde man het twee steekwonde aan sy bolyf gehad. Volgens die polisie is daar glo van die bejaarde se besittings verwyder.

‘n Saak van moord word tans ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

 

Leave a Reply